Nuusbrief 1: Mei 2008 : Danke!! Thank You!! DANKIE!!
Soms stop ‘n mens nie lank genoeg
nie… Soms is ons selfs bang om om te kyk. Maar dis nou tyd. Tyd vir diep asem haal en vir ‘n oomblik
omdraai en soos in ‘n kunsgalery van een na die ander skildery van ‘n
BB-oomblik vasgevang in tyd te stap en myself te herinner: “onthou jy hierdie”
en “haai, kyk daar!”.
En dan besef ek dat ek tog vir myself die storie ook op skrif moet sit – dié is nie sommer
so ‘n kortverhaal nie; hierdie is ‘n hele boek…. (maar
dis anderdag se storie).
Vars Nuus:
o
MD Greyling se nuwe CD:
“Binne My” is op die rakke!! Gaan koop dit gerus! Dis ‘n heerlike luisterbare
cd met ‘n hele klompie nuwe oorspronklike liedjies daarop wat baie beslis op
jou sal groei. My gunsteling snit? : Vanselfsprekend seker Nr 7 – “Binne My” –
my eie ‘brainchild’ – ‘n song wat my baie na aan die hart lê – en as jy na die
lirieke luister en vir BB ken, sal jy verstaan hoekom dié dinge saakmaak.
o
Mei is ‘n stil maand met
betrekking tot optredes, alhoewel ek nogal baie besig is met nuwe songs en
opnames. Ek sal die volgende 3 maande volstoom daaraan
werk om ‘n bemarkbare produk op te neem en sal julle op hoogte hou soos dit
aankom.
o
Min mense weet dat ek in
opdragwerk spesialiseer. Dit is nogal ‘n unieke deel van wie ek is. Ek skryf en
toonset liedjies op versoek, vir hoofsaaklik troues, maar ook
huweliksherdenkings en verjaarsdae. Vir meer inligting click gerus op : Tuisblad.
Jaco, dankie dankie dankie vir jou groot moeite met my webtuiste! Ek spog
oral daarmee. Jy weet mos hoe dit voel as jy na ‘n song luister en vir
jouself dink : “I could have said that – if I had the
right words”? Dis hoe ek voel oor my site – “that’s exactly like it would have
looked, if I could…”. Ek weet jy verstaan!
Ek het soveel om
voor dankbaar te wees! Eerstens vir my hart se punt, my begin en my einde en
behalwe vir Jesus, dié belangrikste man in my lewe: Dankie! Ek het nie woorde
nie, (
Vir elkeen wat hierdie brief hier op
my webtuiste lees of per e-pos ontvang: Be Blessed! Mag ek
ook vra dat jy my soms as jy onthou ook in jou gebed insluit en versoek dat jy
my sal opdra in Sy Wil? Dankie!
Groete daar
BBx