My Ouma is in suurlemoen

My Ouma is in suurlemoen

My Ouma is in suurlemoen
in Red Door deurgegeur
die een wat jou so óp kon soen
weerkaats in elke kleur.

In Valentyn se hartjierooi
En Adelpracht se geel
in Jakarandapers getooi
het sy my hart gesteel.

My ouma is in oordaad,
my ouma's in "te veel"
van álles meer as een gehad
en nóg, om uit te deel.

My ouma, Laslapouma,
ek verlang vergeefs na kleur
en klingelgoud so blink gedra
en suurlemoen se geur.

. . . Nog Gedigte