PMS

PMS

EK STAAN EEN MAANDAGOGGEND - NET VOOR HALF-VYF EN GAAP
EK WEET NIE WAT DIT IS NIE - EK KAN NET NIE MEER SLAAP
EN EK WIK EN WEEG ’N OOMBLIK - EN STADIG TREF DIT MY
DIT WAS SY LAATNAG SNORKBOHAAI – JA, WEEREENS WAS DIT HY!

SIT LOMERIG IN DIE VERKEER - OP PAD NA WAAR EK WERK
DIE RADIO BRING SLEGTE NUUS - DIE WIND WAAI WEER TE STERK
DIE MAN REG VOOR MY LEES KOERANT – WAT WIL DIE AAP AANVANG?
MY LIPSTIFFIE VAL IN MY SKOOT – SO RY HY MY SKOON BANG!

‘N TAXI SKIET UIT NêRENS - REG VOOR MY OOG VERBY
VANDAG GAAN EK DIE HELE WAVRAG WYS - HOE ’N MENS EINTLIK MOET RY
EK BLAAS MY TOETER DRIFTIG EN SWENK OOR ELKE BAAN
DIE BLOULIG SAL TOE MY MOS STOP - EN DIE SOT VERBY LAAT GAAN!

2000 RANDJIES LATER - WAT ’LIEFIE’ KAN BETAAL
(EN EK GEE NIE OM UIT WATTER GAT HY DIT SAL MOET UITHAAL)
STAP VROLIK BY DIE VOORPORTAAL BY SEKERHEID VERBY
MAAR DIE DAG HET TOE VANDAG GEKOM DAT HULLE MY BEETKRY –

MY OOGPOTLOOD EN HANDEROOM BELAND IN DIE X-STRAAL
HULLE MOES NET KEER - OF EK HET EEN - VAN HULLE UITGEHAAL!
DIS MALHUIS OP SY BESTE - DIE WYSER VAT SY TYD
EN VIERUUR STAAN DIE DOOIES OP EN HOL DIE DEURE UIT

MOET SELF DIE HEK TUIS OOPMAAK - DIE DêM DING VAT TE LANK
MY SKOEN SE HAK GEE MOOI DIE GEES TERWYL EK VLOEKE KLANK
GEWAPEN MET CARDUCCI, HOND SE KIND WAT BLAF
PROBEER EK KEER DAT BURE LOER VOOR EK EEN-BEEN HUIS-IN DRAF

DIE DUIWELSE OU HEKKIE HAAK AGTER TEEN MY MOU
DIS HOEKOM EK, TOE MANLIEF KOM, STEEDS AAN DIE SLOT VASKLOU!
MY ARME OU LIEFIE SIEN VANDAG NET DAAR SY G@T
MAAR VOOR HY MY KAN LOSMAAK - GEE DIE HELE HEINING PAD.

AL SNIKKEND VAL EK IN DIE HUIS EN REGUIT OP MY BED
NET DAAR EN DAN WORD MY LIEWE MAN DIE LIEFDESNES BELET
EK TREK DIE DUVET OOR MY RUG - DIE DONKERTE DAAL NEER
O NOOIT OOIT MOET WEER SO ’N DAG SOOS HIERDIE EEN GEBEUR!!

HY VRA MY OM VERSKONING VIR ALS WAT HY NIE DOEN
EN VRA OF EK WIL KOFFIE Hê, ‘ N DRUK OF DALK ‘ N SOEN
EK KRY NET DAAR ‘N OORVAL – WIE DINK HY IS HY NOU
WYS HOM WIE’S BAAS EN Sê VIR KLAAS: GAAN SNORK BY ’N ANDER VROU!!

VROEGOGGEND UITGERUS EN VARS - SOOS EK MAAR ALTYD IS
KAN NIEMAND PLA EN NIKS MY SKEEL - NA MY LANGVERDIENDE RUS
EN VROLIK WUIFEND DRAAI EK OM - BY DIE HEKKIE ERG VERMINK
HIERDIE DAG GAAN HEEL FANTASTIES WEES - SO BY MY LAASTE WINK…..

VERLEID’LIK KLIM EK IN DIE KAR – SOOS NET ’N DAME KAN
EK GAAN MY DAN OOK SO GEDRA – OP PAD OPPIE BEN SCHOEMAN
WAT SIEN EK DAAR? - DIT KAN NIE WEES! – DIE DRYWER GLIMLAG BREED -
AL WAT EK VAN VANDAG ONTHOU - IS ‘N SLAG EN ‘ N OORLOGSKREET

REFREIN:
EK WEET DIS PMS DIÉ
NIE MY PERSOONLIKHEID
JY LEER MAAR NIE JOU LES NIE
DAN IS DIT NOU HOOGTYD
DAT EK JOU BIETJIE WYS
OOR HOE DIE DINGE WERK:
DIT MAAK MY NIE NET MOERIG NIE
DIT MAAK MY BOONOP STERK!!

. . . Nog Gedigte