Vir tannie Joy

Ter inleiding:  

Geweldsnag in Gordonsbaai
23/05/2006

GORDONSBAAI.
In n nag van geweld het n groep mans vermoedelik eers n bejaarde vrou van di dorp met n vleishamer doodgeslaan en daarna haar welgestelde bure ure lank geterroriseer voordat hulle met duisende rande se goedere op die vlug geslaan het.
Vier verdagtes die jongste is 14 jaar oud en almal is vermoedelik van Khayelitsha is in hegtenis geneem nadat hulle enkele kilometer verder die gesteelde wegkombakkie gerol het en te voet verder moes vlug.
Die lyk van mev. Johanna (Joy) Retief van Aarde (78), n weduwee, is vroeg gisteroggend in haar huis in Milnertonstraat 7, Gordonsbaai, aangetref. In haar regterhand was n fluitjie vasgeklem, het Die Burger verneem. Haar liggaam is eers ontdek nadat die bure die polisie weens hl nag van hel ontbied het en iemand opgemerk het dat iets by mev. Van Aarde se huis ook nie pluis lyk nie.
Haar seun, mnr. Oloff Bergh (46) n vervoerkontrakteur van die Strand het gister met trane in sy o vertel dat sy n wonderlike mens was vir wie almal lief was.
  

Vir tannie Joy
(en vir die van ons wat nie weet om ons seninge te tel nie): 

Ai Here, hier onder gaan dit woes
het U gehoor hoe ek laas nag hoes?
het U geweet dat ek te min verdien
dat ek voel U't my al weer oorgesien...
Ai Here, die petrolprys is op
en my begroting wil nie klop
my man loop rond, my kinders skree
daar's niemand meer wat vir my omgee!
My Gucci sonbril het gebreek
en my Levi's se zip laat my in die steek
daar's nie genoeg tyd vir my sonbedsessie
en geen pil op die mark help vir my depressie.
Ai Here, as U net tyd wil maak vir my
want my lewe begin my nou onderkry!!

Ai ......, van hier bo lyk dit nie te swak
jou ou sonnetjie het nog lank nie gesak
kry vir jou 'n potjie Vicks
en verander bietjie jou spaartegniek
gee daai man van jou meer 'swiets'
en laat hy gerus maar die kinders piets!
Vir die res van jou het ek nie meer raad
geen geld of pil help vir "eie-ek"-oordaad?!
Ai ......, wil jy nie net maar om jou kyk
en sien hoe die wreld vir jou naaste lyk,
Om mense soos tannie Joy 'onder te kry'
Het niemand die tyd oorgelaat aan My...

. . . Nog Gedigte